WGO waarsku oor Covid, sê dis nie verby nie
Die Wêreldgesondheidorganisasie sê dis noodsaaklik dat leiers die geleentheid aangryp om fondse en politieke wil te bekom wat nodig is om wêreldteikens vir Covid-19-inenting, toetskoerse en suurstof te haal. Die organisasie sê die Covid-19-verwante dodetal in 2020 en 2021, was net minder as 15 miljoen. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê gevalle daal wêreldwyd, maar dit is misleidend om te dink die krisis is verby: