WGO vra optrede oor bloedarmoede

Die Wêreldgesondheids-organisasie vra lande om hul optrede te verskerp om bloedarmoede in vroue van reproduktiewe ouderdom teen 2025 te halveer. Vordering met die afname in bloedarmoede is stadig en die wêreld is nie op koers om die teiken te haal nie. In 2019 het bloedarmoede 40 persent van kinders tussen ses maande en vyf jaar geraak, 37 persent van swanger vroue en 30 persent van vroue tussen die ouderdomme van 15 en 49. Die direkteur van die WGO se departement van voeding en voedselveiligheid, Francesco Branca, sê die meeste van die werk teen bloedarmoede is gefokus op die voorkoming en behandeling van ‘n yster-tekort.