WGO verloor kontak met sy mense na Israeliese aanval

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê berigte oor ‘n Israelse klopjag op ‘n hospitaal in die noorde van Gaza is “diep ontstellend”. Die direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hy het “kontak verloor” met personeel van die hospitaal sedert berigte oor die klopjag na vore gekom het. ‘n Woordvoerder van die WGO, Tarik Jasarevic, het aan Sky News gesê die situasie bly baie duister, met berigte van vyandighede en ontruimingsopdragte. Die Israelse Weermag het, volgens Palestynse amptenare en medici by die gerief, gisternag die Kamal Adwan-hospitaal bestorm nadat dit onder tenkvuur deurgeloop het.