WGO-verdrag meng in met soewereiniteit van lande

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge sal Woensdag ‘n perskonferensie in die hoofstad hou. In ‘n verklaring sê hy dat na aanleiding van die debatte, inligting en spekulasie oor die betrokkenheid van die WGO in die sake van soewereine lande, sal hy die voorgestelde wysigings deur die WGO aan bestaande internasionale gesondheidsregulasies bespreek. Mudge vorm deel van die Health Defence League se hofsaak teen die Namibiese regering oor die afdwing van inentings en regulasies tydens die Covid-19 pandemie en die voorskrifte wat aan die land deur die WGO gestel is. Mudge het aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n voorsmakie gegee van die perskonferensie.