WGO stel beleid teen seksuele wangedrag bekend

Die Wêreldgesondheids-organisasie het sy nuwe beleid oor die voorkoming en hantering van seksuele wangedrag van stapel gestuur wat die slagoffer sentraal plaas. Ondersoeke het bevind daar is gapings in die beleid van 2017 in die oplos van probleme wat slagoffers en oorlewendes in die gesig staar. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, sê die lyding van slagoffers van die afskuwelike gevalle van seksuele wangedrag tydens die optrede teen die tiende ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo was ‘n katalisator vir ‘n diepgaande transformasie van die organisasie se benadering tot die plaag.