WGO smeek dat UNRWA befondsing nie gestaak word nie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het skenkers gemaan om nie befondsing aan die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap in Gaza te staak nie en voer aan dis nie die tyd om die mense van Palestina te versaak nie. Lande soos Amerika, die Verenigde Koninkryk, Duitsland en Kanada het hulle befondsing tydelik gestaak nadat Israel sommige van die organisasie se werkers beskuldig het dat hulle op 7 Oktober deelgeneem het aan Hamas se aanval op Israel. Die WGO se woordvoerder, Christian Lindmeier, sê dis ʼn kritieke oomblik in Gaza: