WGO sê Rwanda behaal verskeie eerstes tydens Marburg-uitbreking

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus is op besoek aan Rwanda wat worstel met ‘n uitbreking van Marburg-virus. Die uitbreking is onder beheer verklaar sonder enige nuwe infeksies in die afgelope ses dae. Ghebreyesus sê die land het verskeie eerstes vir die vasteland behaal.