WGO se gevaarlike stowwe deur EU beperk

Die Europese Unie se parlement het gestem om die konsentrasie van verskeie gevaarlike stowwe wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie genoem word, te beperk. Wetenskaplikes en dokters beraam sowat 300 000 mense in Europa sterf jaarliks weens lugbesoedeling wat blootstelling aan skadelike gasse soos stikstofdioksied, swaweldioksied en osoon insluit. Die wysiging aan die Wet op Luggehalte sal nou afgehandel word deur onderhandelings met die Europese Raad. Die Europese Respiratoriese Vereniging se omgewings- en gesondheidskomitee sê dis ‘n belangrike stap om skoon lug aan almal te verseker.