WGO sê buitengewone jaar lê voor

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n kommerwekkende kombinasie van konflik, klimaatverwante bedreigings en toenemende ekonomiese probleme beteken sowat 166 miljoen mense het hulp met gesondheid nodig. Die organisasie gaan net vanjaar 28,7 miljard Suid-Afrikaanse rand nodig hê vir lewensreddende mediese noodhulp aan miljoene mense. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê vanjaar sal ʼn bepalende jaar wees vir wêreldgesondheid terwyl die organisasie probeer om die wêreld ʼn gesonder, veiliger en regverdiger plek te maak.