WGO se anti-malaria regulasies nie toegepas, sê kenner

Malaria bly ‘n groot uitdaging vir openbare gesondheid en ontwikkeling. In Namibië is malaria endemies in tien uit veertien streke. Die gesondheid-ministerie bied gratis diagnose en behandeling in alle openbare gesondheidsfasiliteite aan en die publiek het toegang tot effektiewe anti-malaria medisyne en diagnostiese toetse. Volgens voormalige gesondheidminister dr. Richard Kamwi, misluk Namibië en vele Afrika-lande egter in die inwerkingstelling van die Wêreld-gesondheidorganisasie se regulasies.