WGO sal besluit oor einde van Covid-noodtoestand
‘n Paneel van internasionale kundiges sal vandag vergader om te beslis of Covid-19 steeds ‘n openbare gesondheid-noodtoestand van internasionale belang is, ingevolge die reëls van die Wêreldgesondheids-organisasie. Die WGO het op 30 Januarie 2020 die hoogste waarskuwingsvlak aan Covid toegeken, en die besluit is sover elke drie maande deur die paneel bekragtig. Talle lande, soos Amerika, het egter onlangs begin om hulle plaaslike noodtoestande op te hef. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus het aangedui dat hy hoop die wêreldwye noodtoestand sal teen die einde van die jaar beëindig word. Daar is nog geen konsensus oor wat die paneel vandag gaan besluit nie.