WGO ondersoek of M-pokke ‘n noodsituasie is

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het ʼn noodvergadering met internasionale deskundiges aangevra te midde van ʼn toename in M-pokke-gevalle. Die virus het vanjaar in tien Afrikalande voorgekom wat Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo insluit. Meer as 96-persent van alle gevalle en sterftes is in die DRK aangemeld. Ghebreyesus sê die deskundiges sal hom tydens die noodvergadering inlig of die M-pokke-uitbreking in Afrika ʼn internasionale gesondheidsnoodsituasie is.