WGO: Namibië het talle gesondheidsprobleme

Die Wêreldgesondheids-organisasie herdenk Vrydag Wêreldgesondheidsdag, ook in Namibië. Armoede het ‘n negatiewe impak op die gesondheid van Namibiërs. Wanvoeding is steeds die nommer een moordenaar van kinders onder die ouderdom van vyf. Kindersterfte-syfers onder vyf jaar in die land is 46,7 per 1 000 geboortes. Namibiërs staar uitdagings van hoë bloeddruk, hipertensie, diabetes en vetsug in die gesig. Die land het ‘n hoë syfer van tuberkulose-lyers en die selfmoord-syfer is na raming dubbel dié van die wêreldwye koers.