WGO in Afrika werk aan waarneming, laboratoriumtoetse teen aap-pokke

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê hy werk daaraan om waarneming en laboratoriumuitslae in die streek ‘n hupstoot te gee om gevalle en die stille verspreiding van aap-pokke op te tel.  Afrika het tot Dinsdag die week 1 821 gevalle in 13 lande aangemeld waarvan 109 in nege lande deur laboratoriums bevestig is. Suid-Afrika het twee gevalle aangemeld, een in Gauteng en een in Kaapstad. Die WGO-woordvoerder, Matshidiso Moeti, sê die huidige kollig op aap-pokke moet die katalisator wees wat daartoe lei dat die siekte in Afrika vir eens en vir altyd uitgeroei word.