WGO-hoof sê verbou eerder kos in plaas van tabak

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, sê die WGO se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Wêreld-voedselprogram sal hulp verskaf aan meer as 5 000 boere in Kenia en Zambië om volhoubare voedselgewasse in plaas van tabak te verbou. Dit vorm deel van die WGO se steun vir die Tabakvrye Plase-inisiatief. Meer as 300 miljoen mense wêreldwyd staar akute voedselonsekerheid in die gesig. Ghebreyesus sê intussen word meer as drie miljoen hektaar grond in meer as 120 lande gebruik om tabak te verbou, selfs in lande waar mense honger ly.