WGO het kommer oor Oekraïne

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy is bekommerd oor die humanitêre nood wat besig is om in Oekraïne te ontwikkel. Die Verenigde Nasies se menseregte-kantoor sê 227 burgerlikes is binne die eerste vyf dae van die Russiese inval dood terwyl ‘n miljoen mense na buurlande gevlug het. Die WGO se direkteur, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die eerste besending mediese voorrade kom vandag in Pole aan en is genoeg trauma- en noodvoorraad om eenduisend pasiënte te behandel: