WGO het kommer oor m-pokke in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie oorweeg  ‘n kennerskomitee om te bepaal of die toename in gevalle van m-pokke in Afrika tot ‘n  internasionale noodtoestand verklaar moet word. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het die plan aangekondig na ‘n vlaag gevalle in die Demokratiese Republiek die Kongo en nabygeleë lande. Suid-Afrika het ook nog twee gevalle in Gauteng en KwaZulu-Natal bevestig, wat die totaal te staan bring op 24 gevalle en drie sterftes. Die organisasie soek meer fondse en steun vir omvattende reaksie, wat toesighouding en die ontplooiing van entstowwe insluit.