WGO het groot kommer oor M-pokke in DRK

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku teen ‘n nuwe stam van die M-pokkevirus wat vinnig langs die oostelike grens van die Demokratiese Republiek die Kongo versprei. Die huidige uitbreking word vermoedelik seksueel oorgedra hoewel dit glo ook deur nabye kontak met aanraking van vel tot die vel oorgedra kan word. Globale gesondheidskenners sê die nuwe variant kan oor grense heen internasionaal versprei. Een beskryf dit as die gevaarlikste stam nog. Minstens drie mense met M-pokke is in Suid-Afrika dood.