WGO aanvaar resolusie oor hulp aan Gaza
Die direkteur-generaal vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die uitwerking van die konflik tussen Israel en Hamas op gesondheid is katastrofies. Die organisasie se uitvoerende raad het ‘n resolusie aanvaar wat daarop gemik is om die katastrofiese humanitêre situasie in die Gaza-strook aan te spreek. Die resolusie vra onder meer vir onmiddellike, volgehoue en onbelemmerde deurgang van humanitêre hulpverlening, insluitend die toegang van mediese personeel. Ghebreyesus sê die resolusie is daarop gemik om die gesondheid van die mense in die besette Palestynse gebied te beskerm: