Wettiging van dagga ”n mensereg’
Die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië beplan ‘n betoging in Windhoek op 10 Desember, wat saamval met Menseregtedag. Die saamtrek sal by die Windhoek Veeldoelige Jeugsentrum begin en voortgaan na Ausspannplatz Park. Die doel daarvan is om te pleit vir ekonomiese geleenthede, gesondheidsorgvoordele en persoonlike vryhede wat verband hou met die wettiging van dagga. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Angela Prusa van die vereniging, wat die redes vir die betoging gee.