Wette oor minerale in Zambië kan beleggers weg jaag
Zambië se voorgestelde wet op mineraleregulering kan beleggers afskrik en ‘n “dodelike slag” toedien aan sy doelwit om jaarlikse koperproduksie tot 3 miljoen metrieke ton te verhoog. Zambië se Kamer van Mynwese en die Vereniging van Zambiese Mineraaleksplorasie-maatskappye sê die voorgestelde wet sal “die persepsie van beleggingsrisiko” in die land verhoog. Die wetsontwerp sal die regering in staat stel om aandeelhouding in eksplorasiegebiede te verkry voordat lisensies om na minerale te soek, insluitend koper, aan beleggers toegestaan word.