Wetstoepassers reageer nie op Eskom-korrupsie  

Eskom se gewese raadsvoorsitter, Malegapuru Makgoba, glo hulle is in die steek gelaat omdat wetstoepassings-agentskappe nie op bewerings van korrupsie gereageer het nie. Hy het voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn na bewerings oor korrupsie deur die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter. Makgoba het ook verwys na ‘n vrugtelose ontmoeting met die Ondersoek-direktoraat. Hy is bekommerd omdat dit lyk asof die sekerheidsgroepering slaap terwyl die kroonjuweel vernietig word.