Wetsontwerp op gesondheidsberoepe draai in parlement

Die wetsontwerp op gesondheidsberoepe het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die wetsontwerp is tydens die ministeriële ampstermyn van dr. Bernard Haufiku in die parlement ingedien en is sowat 6 jaar later steeds nie afgehandel nie. Gesondheidminister Kalumbi Shangula het weer die wetsontwerp uitgelees en beklemtoon dit is vir die beskerming van die openbare belang, nie die belange van gesondheidspraktisyns nie.