Wetsontwerp op Databeskerming onder die loep
Na uitgebreide streeks-konsultasies in al 14 streke oor die Wetsontwerp op Databeskerming, reël die inligtingsministerie ‘n tweedaagse werkswinkel om belanghebbendes se insette en kommentaar oor die wetsontwerp te bespreek voordat dit aan die parlement voorgelê word. Die konsepwet het ten doel om te verseker dat persoonlike data wettiglik ingesamel, gestoor, verwerk en toegang verkry word. Die werkswinkel begin môreoggend om half-nege by die NamPower-konvensiesentrum in Windhoek. Die woordvoerder van die ministerie, Shoki Kandjimi deel meer besonderhede…