Wetgewing pootjie glo wettiging van private daggagebruik
Die kwessie van die private gebruik van dagga sal in die hoërhof aangehoor word na die regsfirma Kadhila Amoomo Legal Practitioners ‘n saak daaroor gebring het. Regter Eileen Rakow het die verhoor na 30 Julie uitgestel. Reaksie is ontvang van Angela Prusa van die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië, wat sê sy het nie veel vertroue in die wette van die land nie, maar sy is hoopvol.