Wetgewing nodig vir diere wat kommersieel geteel word

‘n Navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Celine Doak, sê daar is ‘n gebrek aan spesifieke wetgewing wat die welsyn van die kosbare Suid-Afrikaanse volstruisbedryf en ander kommersiële diere-boerderye reguleer. Doak sê dierewelstand vorm deel van die Wysigingswet op Nasionale Omgewingsbestuurswette, maar dit moet nog ten volle ingestel en afgedwing word. Sy sê Suid-Afrikaanse wetgewers word aangemoedig om kommersiële plaasdiere te beskerm deur ‘n omvattende Wetsontwerp op Dierewelsyn te verseker.