Wetenskaplike vryheid in Afrika noodsaaklik: verslag

Hoewel nasionale instellings oor die algemeen beskerming vir verskeie vryhede bied, is die uitdruklike insluiting van wetenskaplike vryheid seldsaam. Só sê die tussentydse vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, emeritus-professor Daya Reddy. Hy het ‘n bydrae gelewer tot die jongste wetenskaplike verslag van Unesco, getiteld African Perspectives on Scientific Freedom: Insights from Policy and Practice in Six Countries. Die ses lande in Afrika sluit Namibië en Zimbabwe in. Reddy sê ‘n sterk wetenskaplike ekostelsel is ‘n noodsaaklike voorvereiste om leemtes te vul en wetenskaplike vryheid te versterk.