Wetenskap wys ‘geen uraan-gevaar vir Stampriet-akwifeer’
Reaksie word steeds ontvang oor die hoëvlakvergadering wat die landbouministerie en Unesco gehou het om die voorgestelde in situ uitloog-uraanmyn in die Stampriet-akwifeerstelsel te bespreek. Die Sauma-bestuurskomitee het gesê die waterbron is hul grootste bekommernis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riaan van Rooyen, die woordvoerder van Uranium One, wat sê as mens na die wetenskap kyk, hoef hulle nie bekommerd te wees nie.