Wetenskap ondersteun Fukushima-vrylatingJuly 7, 2023

Japan het op 4 Julie goedkeuring van die VN se kernwaghond gekry vir sy plan om behandelde radioaktiewe water uit die Fukushima-aanleg in die see vry te laat, ondanks hewige weerstand van Beijing en sommige plaaslike inwoners. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ná ’n twee jaar lange oorsig gesê Japan se planne strook met wêreldwye veiligheidstandaarde en dat dit ’n weglaatbare radiologiese impak op mense en die omgewing sal hê. Die sekretaris-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi sê die vrylating is op die wetenskap gebaseer.