Weste reageer skerp op Uganda se gay wetgewing

President Yoweri Museveni van Uganda se besluit om die wêreld se strengste wet teen LGBTQ+ te onderteken, het wêreldwye kritiek uitgelok. Volgens die jongste berigte het Amerikaanse President Joe Biden opdrag gegee vir sy amptenare om ondersoek in te stel in verband met sanksies. Die VSA bestee ongeveer ‘n miljard Amerikaanse dollar jaarliks aan hulp aan Uganda. Die hoofde van die wêreldfonds wat vigs, tuberkulose en malaria bestry, UNAids, en die Amerikaanse president se noodplan vir vigs-verligting, het in ‘n gesamentlike verklaring hulle ernstige kommer uitgespreek oor die nadelige uitwerking van die wetsontwerp.