Weste moet teen Putin opstaan: Britse minister
Die Britse binnelandse sake-minister, Yvette Cooper, sê die Weste moet aanhoudend aggressiewe taal verwag van die Russiese president, Vladimir Putin. Sy het aan Sky News gesê die Weste moet teen Putin opstaan. Brittanje en Amerika het Oekraïne dié week toestemming gegee om hul langafstand-wapens op Rusland te mik, wat woede en dreigemente vanaf die Kremlin ontketen het. Putin sê hy kan aanvalle op militêre geriewe uitvoer in lande wat Kiëf toelaat om hulle wapens teen Rusland te gebruik. Die oorlog sal vererger indien Britse of Amerikaanse militêre geriewe aangeval word.