West Ham palm belangrike trofee in

West Ham het Fiorentina met twee-een verslaan om die Europa-konferensieliga in Praag te wen. Dit is hulle eerste groot trofee in 43 jaar en hulle eerste belangrike Europese trofee sedert 1965. Dit wou lyk of die eindwedstryd ekstra tyd nodig sou hê nadat Said Benrahma se strafdoel in die tweede helfte net sewe minute later uitgekanselleer is deur ‘n skitterende poging van Giacomo Bonaventura. Jarrod Bowen het egter in die 90ste minuut die trofee vir die Premierligaspan verseker. Bestuurder David Moyes sê dis ‘n spesiale prestasie vir die klub: