WESSA en Stad Kaapstad lei jong omgewingsverslaggewers op

Die Stad Kaapstad sê die Natuurlewe-en-omgewingsvereniging van Suid-Afrika, het in vennootskap met die stad, 17 jong leerders van Kaapstad gevier wat die WESSA Jong Verslaggewers vir die Omgewing-program suksesvol voltooi het. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê die program is ‘n internasionale, jeug-gesentreerde omgewings-joernalistiek-program wat die jeug bemagtig om standpunt in te neem en op te tree teen plaaslike omgewings- en maatskaplike kwessies deur middel van verslagdoening, fotografie of video: