Wes-Kaapse waterbronne verswak in gehalte
Die binnelandse waterbronne in die Wes-Kaap gaan agteruit, wat aansienlike risiko’s inhou vir ekologiese reservate en landbouproduksie. So sê die provinsiale regering se Omgewingsvooruitsigverslag, wat die stand van waterbronne, waterbeskikbaarheid en ekologiese stelsels beoordeel het. ‘n Navorser van die provinsiale Departement van Omgewingsake Francini van Staden sê ‘n sleutelbevinding in die verslag is dat terwyl die bestuur van die Wes-Kaapse waterstelsels verbeter het, het die hoë aanvraag na water en verskeie langtermyn watergehaltekwessies in onlangse jare versleg.