Wes-Kaapse vrugtebedryf in gevaar weens die byebevolking

Die Wes-Kaapse Departement van landbou sê die vrugtebedryf verkeer in gevaar aangesien die strategie om volhoubaarheid van die provinsie se byebevolking te verseker, nie die gewenste uitwerking het nie. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Byebedryfsvereniging, Chris Nicklin, sê die Covid-pandemie het hul vordering om die langtermyn-oorlewing en volhoubaarheid van die Kaapse heuningby te verseker, vertraag. Nicklin sê plaaslike byeboere het die ondersteuning van die regering nodig gehad ten opsigte van invloed en beleidsveranderinge. Bye speel ‘n kritieke rol in die provinsie se ekologie en verrig 90 persent van alle bestuiwing van voedselgewasse.