Wes-Kaapse regering sal boeregemeenskap beskerm

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die provinsiale regering sal aanhou werk om te verseker dat boerdery- en landelike gemeenskappe beskerm en behandel word met die respek wat hulle verdien. Hy het die skuldigbevinding en vonnisoplegging verwelkom, van vier verdagtes vir die moord op ‘n boer, Tool Wessels, in 2019 en poging tot moord op sy vrou op hul plaas in Bonnievale. Meyer sê die uitspraak is ‘n sterk boodskap dat aanvalle op landelike gemeenskappe nooit geduld sal word nie: