Wes-Kaapse premier wil fokus op hongerte en werkloosheid

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê dit is tyd om te fokus op pandemie nommer twee, naamlik hongerte en werkloosheid. Winde het vanoggend tydens sy provinsiale rede in Velddrif gesê 17 persent van huishoudings het in 2020 sonder kos gaan slaap. Hy het bekend gemaak daar sal ‘n nuwe infrastruktuur-afdeling geskep word wat menslike nedersettings insluit, asook ‘n beweeglikheids-afdeling om te help met opleiding en vervoerdienste om ekonomiese groei aan te spoor. Winde beklemtoon vyf mega-gesondheidsprojekte sal sorg vir nuwe hospitale in gemeenskappe.