Wes-Kaapse premier veroordeel skietvoorval by Nuwe Somerset-hospitaal

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde veroordeel die skiet-tragedie by die Nuwe Somerset-hospitaal waarin twee pasiënte dood en ‘n polisiebeampte ernstig gewond is. ‘n Verdagte wat vir mediese behandeling na die hospitaal geneem is, het na bewering die beampte se vuurwapen gegryp en hom geskiet. Hy het daarna op twee pasiënte losgebrand wat op die toneel dood is. Winde sê ‘n volledige ondersoek sal al die feite aan die lig bring. Die premier het sy meegevoel met die families getuig wat hulle geliefdes in die afgryslike voorval verloor het.