Wes-Kaapse koringoes lyk belowend
Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê ten spyte van swaar reën die afgelope tyd lyk die Wes-Kaapse koringoes belowend. Hy sê slegs sommige gebiede is te nat vir optimale groei. Dié provinsie lewer tweederdes van Suid-Afrika se winterkoring. Sihlobo sê indien weerstoestande, veral in die Wes-Kaap, die res van die seisoen verbeter, en boere oes ʼn vyfjaar-gemiddeld van d3 078 ton per hektaar, sal die land se winterkoringoes 1,89 miljoen ton wees.