Wes-Kaapse begroting teiken misdaadbekamping

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, is optimisties vanjaar se begroting sal verseker misdaadbekampings-projekte vind regoor die provinsie plaas. Hy beskuldig ook die nasionale regering daarvan dat hulle nie die polisie in die provinsie ondersteun in hul pogings om misdaad te bekamp nie. Allen beskryf misdaad as ‘n euwel wat die samelewing teister, en beklemtoon dit is noodsaaklik vir almal om deel te neem aan die stryd daarteen, ongeag politieke verwantskap of ideologie.