Wes-Kaap wil skole weer op standaard kry
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê sy 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand “Back on Track”-inisiatief, wat regoor die provinsie geïmplimenteer sal word, se hoofdoel is om onderwys by sy skole weer op standaard te kry. LUR David Maynier sê die onderwys-sektor staar ‘n volskaalse ramp in die gesig na die ontwrigtings wat deur die Covid-pandemie veroorsaak is. Die ontwrigtings het daartoe gelei dat baie leerders sukkel met basiese vaardighede soos skryf, lees en wiskunde. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…