Wes-Kaap verwelkom bek-en-klouseer maatreëls

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die maatreëls wat in die Staatskoerant aangekondig is verwelkom om die verspreiding van bek-en-klouseer deur die beweging van diere te verhoed. Dit volg na die uitbreking van bek-en-klouseer in Humansdorp in die Oos-Kaap. Meyer sê geen gespletehoef-diere mag ván, ná, of binne die Siektebestuursgebied van die Oos-Kaap verskuif word nie, behalwe met ‘n permit van ‘n staatsveearts: