Wes-Kaap sowat twee weke weg van piek van derde Covid-vlaag

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê die provinsie is nou slegs twee tot drie weke weg van die piek van sy derde Covid-vlaag. Die provinsie meld tans tot 2 000 nuwe infeksies per dag aan, met naastenby 3 000 mense wat nou vir Covid-verwante komplikasies in hospitale behandel word. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt is aan die woord.