Wes-Kaap skep werksgeleenthede
Die Wes-Kaapse regering prys die provinsie se merkwaardige vordering teen werkloosheid en armoede. Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname toon daar is in die tweede kwartaal 368 000 werksgeleenthede geskep, ‘n 15,7 persent jaar-tot-jaar-toename, wat die ander provinsies oortref. Die Wes-Kaap het die grootste afname in die werkloosheidskoers getoon met 6,6 persentasiepunte vergeleke met verlede jaar. Die premier, Alan Winde, beloof om die positiewe momentum voort te sit en beskou werk as hoop vir inwoners se toekoms en ekonomiese welvaart: