Wes-Kaap skep 203 000 werksgeleenthede ‘n jaar
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê volgens die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, is daar in die derde kwartaal van 2022 altesaam 85 000 werksgeleenthede in die provinsie geskep. Dit beteken op ʼn jaar-tot-jaar-basis is meer as 203 000 werksgeleenthede in die provinsie geskep. Wenger verwelkom die nuus dat die Wes-Kaap se uitgebreide werkloosheidskoers met 1,8 persentasiepunte kwartaal-op-kwartaal afgeneem het en met 0,8 van ‘n persentasiepunt jaar-tot-jaar: