Wes-Kaap kry R114 miljoen ramptoelaag

Die buurland se Tesourie het 114 miljoen Suid-Afrikaanse rand goedgekeur wat van die Munisipale Rampreaksietoelaag na die Wes-Kaap oorbetaal sal word. Dit volg na uitgebreide oorstromings in September verlede jaar. Fondse vir die oorstromings in Mei en Junie moet nog beskikbaar gestel word. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê alhoewel die provinsie vir meer as 700 miljoen rand aansoek gedoen het, waardeer hulle die fondse wat in vyf munisipaliteite gebruik sal word. Dit sluit Theewaterskloof, Overstrand, Stellenbosch, Langeberg en die Stad Kaapstad in.