Wes-Kaap kry interdik teen Nehawu

Die Arbeidshof in Kaapstad het ‘n interdik toegestaan aan die Department van Gesondheid en Welstand en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling teen betogende staatsamptenare wat lede is van die vakbond Nehawu. Hulle betoog oor ‘n loongeskil. Die week-lange Nehawu-verset het ook dienslewering ontwrig by verskeie staatsinstellings in ander provinsies en direk gelei tot die dood van vier pasiënte.