Wes-Kaap is gereed, nog swaar reën op pad
Die Wes-Kaapse regering sê rampspanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens die weerwaarskuwing vir vandag tot vlak agt aangepas het vir ontwrigtende reënval. Ontwrigtende weerstoestande in die provinsie die week het 4 500 mense dakloos gelaat en meer as 15 000 strukture beskadig. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê weerstoestande sal waarskynlik lei tot wydverspreide oorstromings en ‘n uitwerking hê op reaksietye: