Wes-Kaap is een van topwerkgewers vanjaar 

Die Wes-Kaapse regering is aangewys as een van Suid-Afrika se topwerkgewers in 2023. Die Topwerkgewersinstituut se program sertifiseer organisasies volgens die deelname en uitslae van hulle Bestepraktyk-opname vir Mense/Menslike Hulpbronne. Die opname dek ‘n reeks prestasiefaktore soos talentverkryging, opleiding, welstand en inklusiwiteit. Premier Alan Winde sê ten spyte van die Covid-19-pandemie, voortslepende kragonderbrekings, die onlangse minibus-taxistaking en ander uitdagings, het die provinsie se werknemers hulle bes gedoen om dienste aan inwoners te lewer: