Wes-Kaap installeer sonpanele by 15 hospitale
Met die Suid-Afrikaanse regering wat aangekondig het dat hy teen die onlangse hofuitspraak wat skole, hospitale, klinieke en polisie-stasies wil vrystel van beurtkrag, gaan appelleer, sê die Wes-Kaapse regering dat hy sal voortgaan om kragbeskikbaarheid by sy mediese-dienste-geriewe te verbeter. Die provinsiale regering sê hy gaan nie agteroor sit en wag vir die beurtkrag-krisis om erger te raak nie. Dit sal ten minste 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan die installering van sonpanele by 15 Wes-Kaapse hospitale om te verseker dat mediese dienste nie ontwrig word nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt…